1,7 kg gammon
2 uie
4 wortels, opgesny
10 lourierblare
10 peperkorrels
3 rooi uie, fyngekap
1 liter gemmerbier of appelsap
250 ml bruinsuiker
125 ml appelkooskonfyt
125 ml perskekonfyt
125 ml pynappelpulp
5 ml mosterdpoeier
4 kaneelstokkies
naeltjies
Plaas die gammon in ‘n groot kastrol en voeg die wortels, uie, lourierblare en gemmerbierby.
Bring dit tot kookpunt – vir elke 500 g vleis, kook dit vir 30 minute, bv. 1,7kg gammon kook vir 90 minute.
Laat die vleis afkoel in die sous.
Verwyder die harde dik vel met ‘n skerp mes en sny die vetlaag in diamantvorme.
Plaas ‘n naaltjie in elke kruis.
Meng die bruinsuiker, applelkooskonfyt, perskekonfyt , pynappelpulp, mosterdpoeier en ‘n halwe koppie appelsap, en smeer dit ruim oor die boud.
Verhit die oond tot 180 grade Celsius.
Plaas die vleis in die oond vir ongeveer 30 minute tot die glasuurlaag goudbruin is.
Stowe of panverbruin skywe perskes, appelkose, appels en kwepers in botter en heuning, en bedien saam met die gammon.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za