paasbolletjies, in die helfte gesny
2 eiers
250 ml melk
1 teelepel vanieljegeursel
fyn kaneel
bruinsuiker
botter
spek
heuning
room (opsioneel)
Klits die eiers en melk saam.
Voeg die vanieljegeursel, fyn kaneel en bruinsuiker na smaak by.
Smelt botter in ’n medium warm braaipan.
Doop die paasbolletjiehelftes in die eiermengsel.
Braai die bolletjies in braaipan tot goudbruin, en hou dit dan eenkant.
Braai ’n paar repies spek in dieselfde braaipan.
Plaas die spek op die paasbolletjies en bedruip dit met heuning.
Opsioneel – bedien dit met geklitste room.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za