3 koppies bruismeel
3 koppies gerasperde cheddarkaas
1 teelepel sout
3 koppies melk
2 eiers
250 g botter
2 teelepels Marmite (Hester gebruik sommer twee EETlepels – dit hang af hoe lief jy vir Marmite is!)
Meng die bruismeel, sout en gerasperde kaas met ’n vurk.
Klits die eiers en melk, en voeg sit by die meelmengsel.
Meng alles saam sodat dit ‘n slap deeg vorm.
Plaas die deeg in ‘n gesmeerde oondbak, en bak vir sowat ‘n halfuur, dalk ‘n bietjie langer, afhangend van jou oond.
Smelt die botter en Marmite in ‘n kastrol of in die mikrogolfoond.
Wanneer die broodjie uit die oond kom, prik dit ‘n paar keer met ‘n vurk, roer die bottersous behoorlik en giet dit oor die broodjie.
Wenke
Voeg brosgebraaide spek of fyn biltong by die deeg vir ekstra smaak.
Bedien die brood net so, of met botter en kaas.
Hester sê die broodjie is eintlik die volgende dag die lekkerste, want dan het daai bottersous behoorlik ingetrek.
‘n Luisteraar het aanbeveel dat ‘n mens die deeg ook in ‘n muffinpannetjie kan gooi, dan het jy mini Marmite-mirakels.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za