Die resep word opgedra aan my oom, Jan “Bek” Momberg, wat dit elke Oujaarsaand op Struisbaai gemaak het tot sy dood. What a legend!!
Die resep word opgedra aan my oom, Jan “Bek” Momberg, wat dit elke Oujaarsaand op Struisbaai gemaak het tot sy dood. What a legend!!
250 g beesstert
1 eetlepel sout
2 liter water
2 koppies meel
150g botter
gemengde kruie, na smaak
3 bottels Pinotage (en baie vloekwoorde van crackers wat geskiet word, die pot wat aanbrand en ‘n warm kooltjie of twee in sy plakkies)
8 klein uitjies, geskil
4 wortels, opgesny
6 aartappels, in blokke gesny
1 koppie ertjies
1 suurlemoen
Voeg die sout by die water, en laat die beesstert daarin lê vir ‘n uur.
Haal die stert uit die soutbad, en droog dit goed af.
Doop die vleis in die meel.
Gooi ‘n groot glas wyn van die tweede bottel Pinotage, en vat ‘n groot sluk.
Braai die vleis in bottter in die pot tot bruin.
Voeg ‘n halwe bottel Pinotage (avn die eerste bottel) by die pot en prut op ‘n lae hitte tot die vleis begin sag raak – ongeveer 4 ure.
Voeg die uie, wortels en aartappels en die res van die eerste bottel Pinotage by, en kook vir nog ‘n uur.
Indien die sous te dun is, rasper ‘n wortel by om dit te verdik.
Voeg die sap van ‘n suurlemoen aan die einde van die kookproses by.
Gooi nog ‘n glas van die tweede bottel Pinotage , en wag vir die pot om te rus.
Bedien met volgraanbrood of rys, en 3die derde bottel Pinotage.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za