Wenke vir in en om die huis en kombuis
Vir maagkrampe:
½ teelepel Wonderkroon
½ teelepel Lewensessens
½ teelepel Versterkdruppels
½ glas water
Meng en druk jou neus toe en sluk!
Immuunversterker:
1 medium ui (100g), gerasper
1 knoffel bolletjie (50g), gerasper
1 stuk gemmer (50g), gerasper
1 eetlepel kaneel (10g)
1 eetlepel borrie (10g)
1 eetlepel paprika (10g)
¼ teelepel swartpeper
1 eetlepel heuning (50g)
sap van 1 medium suurlemoen
Meng die gerasperde ui, knoffel en gemmer met die droë bestandele.
Voeg die heuning by om ‘n pasta te maak.
Bêre in die yskas (dit hou baie lank).
Eet een eetlepel per dag vir algemene instandhouding.
Wanneer jy siek is eet een eetlepel drie keer per dag.