'n Verskoning is die gom van 'n gemeenskap.
Dit los meeste probleme op. – Lynn Johnson –
'n Verskoning is die gom van 'n gemeenskap.
Dit los meeste probleme op. – Lynn Johnson –
1 kg maalvleis
halwe ui, gekap
1 eetl kerriepoeier
1 eetl borrie
1 klein pakkie tamatiepasta
1 x 410 g blik tamatie- en uiesmoor
sout en peper
1 blik kerriegroente
2 koppies rou rys
5 aartappels, in blokkies gesny
2 eetl blatjang
2 eetl appelkooskonfyt
2 koppies bruismeel
2 koppies melk
4 eiers
klapper
Braai ui, maalvleis en speserye saam.
Voeg blikkies, tamatiepasta, blatjang en konfyt by, sodra vleis gaar is.
Kook rys en aartappels gaar.
Voeg by mengsel en meng goed.
Neem helfte van die mengsel, voeg 1 koppie bruismeel, 2 eiers en 1 koppie melk by en meng goed.
Plaas in muffin pan.
Strooi klapper oor.
Bak teen 180 grade vir 30 minute.
Herhaal proses met ander helfte van mengsel.
Dit vries baie goed.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za