1½ koppies bruismeel
½ koppie wit suiker
1 teelepel bakpoeier
knippie sout
2 eiers
½ koppie melk
6 teelepels botter
6 teelepels suurlemoenwrongel (lemon curd)
Sous
250 g botter
1 koppie wit suiker
2 koppies water
1 teelepel suurlemoengeursel
sap en gerasperde skil van een suurlemoen
Verhit die oond tot 180 grade Celsius.
Meng die beslag se droë bestanddele in ’n mengbak.
Verhit die melk in ‘n koppie saam met die botter en suurlemoenwrongel in die mikrogolfoond totdat dit gesmelt het.
Voeg die eiers en melkmengsel by die droë bestanddele, en meng dit tot glad en romerig.
Plaas dit in ‘n gesmeerde oodbak van ongeveer 24 cm – diep genoeg vir die sous.
Bak die beslag vir 30 – 35 minute.
Meng al die bestanddele vir die sous in ‘n pot terwyl die beslag bak, en bring dit tot kookpunt.
Gooi die warm sous oor die gebakte poeding wanneer dit uit die oond uit kom.
Laat dit staan sodat die sous kan intrek.
Bedien met roomys en/of vla.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za