2 pakkies (500 g) hoenderlewer in peri-peri-sous
1 houer crème fraîche (suurroom)
1 eetlepel botter
2 eetlepels olyfolie
1 middelmatige ui, fyngekap
2 knoffelhuisies, baie fyn gekap of gerasper
½ teelepel vars suurlemoensap
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
1 teelepel fyn komyn
½ teelepel gerookte Spaanse paprika
2 eetlepels tamatiepasta
4 eetlepels gekapte vars koljander
1 koppie gerasperde Parmesankaas van goeie gehalte
500 g pennepasta
Braai die uie, komyn en paprika in ’n pan oor mediumhitte in botter en olyfolie tot sag,
Voeg die knoffel en tamatiepasta by en braai vir 2 tot 3 minute.
Voeg die lewer met die sous by en braai tot effe pienk in die middel.
Geur met sout en peper na smaak, en voeg suurlemoensap by.
Voeg die crème fraîche by en prut oor lae hitte (sowat 7 minute) of tot sous effe verdik.
Kook intussen die pasta tot al dente.
Dreineer die pasta en meng dit met die lewer en sous.
Bedien in (warm) diep pastaborde versier met gekapte koljander, parmesaankaas en ekstra gemaalde swart peper.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za