Chowder is ‘n soort sop of bredie, wat met melk of room voorberei word en verdik word met gebreekte beskuitjies, ‘n roux of broodkrummels. New England chowder word gemaak met gekapte mossels en aartappelblokkies in ‘n gemengde room-en-melkbasis, dikwels met ‘n klein hoeveelheid botter. Lochner de Kock het New England chowder as basis gebruik vir hierdie resep. Hy vervang die mossels met mielies om dit in ‘n mieliechowder te omskep. Jy kan dit as ‘n voorgereg of hoofgereg geniet. Dis vullend en vreeslik lekker. Lochner het ook sy eie woord vir chowder geskep – hy noem dit kouder.
Wenke vir in en om die huis en kombuis
Om te keer dat heuning aan ‘n lepel vassit, plaas ‘n bietjie meel in ‘n bak en druk met die maatlepel ‘n gaatjie so groot soos die hoeveelheid heuning wat jy benodig. Drup die heuning in die gaatjie tot dit vol is. So kry jy die presiese hoeveelheid heuning sonder dat dit aan die lepel vassit!
Om die perfekte varkpens voor te berei, maak ‘n mengsel van growwe sout, bakpoeier, gekapte uie en roosmaryn. Plaas die vleis op ‘n bed van die mengsel en vryf daarvan oor dit. Dit sal die vleis laat smaak asof dit direk uit die hemel op jou bord geval het!