As jy die baas van ‘n radiostasie is en die ma van twee tienerseuns, het jy nie tyd vir tierlantyntjies wanneer dit by kosmaak kom nie. Vinnig, maklik en vullend – dis die woorde wat geld – want jy’t 110 ander dinge waarby jy nog moet uitkom voordat die dag verby is. Jy wil ook seker maak dat jou dis elke gaatjie volmaak, anders moet jy netnou WEER kook – ‘n groeiende seun is mos kronies honger. En jy wil nie sukkel met hopies kos nie – een gereg met alles in is jou go-to. Met hierdie in die agterkop het RSG se baas, Louise Jooste, een van haar gunstelingresepte met ons gedeel – sy sit dit ten minste een keer ‘n week vir haar mense voor.
Wenke vir in en om die huis en kombuis
Indien jy vergeet om vleis uit die vrieskas te haal vir aandete, en jy wil nie die mikrogolf gebruik om dit te ontdooi nie, tap jou wasbak vol koue water en plaas die vleis (in die plastieksak) in die water vir ‘n uur of twee – dit sal vinniger ontdooi as wat jy dit net op die kombuistafel los.