Hierdie viskoekies maak heerlike hamburgers. Sit dit voor in hamburgerrolletjies met slaaiblare en skyfies tamatie.
Hierdie viskoekies maak heerlike hamburgers. Sit dit voor in hamburgerrolletjies met slaaiblare en skyfies tamatie.
1x 400 g blik Lucky Star Sardyne in Tamatiesous
2 aartappels, geskil en in blokkies gesny
sout en gemaalde swartpeper
1 eier, liggies geklits
1 klein ui, baie fyngekap
2 eetlepels gekapte vars pietersielie
1 teelepel suurlemoensap
meel
olie
Dreineer en maak die sardyne fyn. Behou die sous.
Kook die aartappels in kokende soutwater tot sag. Dreineer goed, druk fyn en geur met sout en peper.
Meng die sardyne, kapokaartappel, eier, uie, pietersielie en suurlemoensap saam, en geur met sout en peper. Vorm ses koekies op ’n meelbestrooide oppervlak en bestuif goed met meel.
Diepbraai in warm olie tot bros en goudbruin. Dreineer op kombuispapier.
Plaas die viskoekies op borde en sit voor saam met die oorblywende sardynsous en ’n mengelslaai.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za