Verhit die oond tot 230 grade.
Sny die eiervrug en aartappels in wieletjies van 1 sentimeter breed.
Gooi sout op, en bak dit vir 30 minute.
Braai die vleis tot gaar in ‘n pan met ‘n bietjie olie.
Voeg 3 koppies water by en die heel speserye van die vleisaftreksel.
Kook vir 40 en 60 minute oor medium hitte – as jy ‘n drukkoker het, vat dit sowat 10 minute.
Terwyl ons wag vir die aftreksel – sny die uie en rooipeper in repies en braai dit in ‘n pan met ‘n bietjie olie totdat dit sag is. Hou eenkant.
Terug by die vleis: Haal dit uit en dreineer die aftreksel tot net die heel speserye agterbly – ons soek net die aftreksel.
Voeg die aftreksel in ‘n pot, voeg die res van die speserye en die tamatiepasta by.
Ons het uitendelik 5½ koppies aftreksel nodig, so voeg water by die brousel, totdat daar genoeg is.
Sny die tamaties in wieletjies van ‘n halwe sentimeter.
Kies ‘n pot waarin die vleis en 2½ koppies rys tot bo sal vol maak.
Smeer die onderkant van die pot met 2 eetlepels olie.
Pak die tamaites op die bodem, gevolg deur die eiervrug en aartappels.
Plaas nou die vleis bo-op, gevolg deur die uie en rooipeper.
Voeg die rou rys bo-op. Jy moet die rys stewig vasdruk op die res van die bestanddele, want ons gaan die pot later omkeer, so dit moet stewig vas wees.
Giet die aftreksel bo-oor.
Verhit dit oor medium hitte, totdat die gereg begin prut.
Stel dit op lae hitte en maak seker die pot is goed toe – as daar gaatjies in die pot is, sit ‘n vatdoek bo-op om seker te maak dit bly toe.
Laat dit kook vir 50 minute.
Dan is dit sandkasteel tyd – kry ‘n plat bord, verkieslik een met ‘n bietjie van ‘n randjie. Sit dit bo-op die pot, en dan keer jy die pot vining daarop om.
Los dit so vir ‘n minuut of twee, en dan lig jy die pot BAIE stadig op, soos wat mens doen met ‘n sandkasteel, en siedaar!
Al wat jy nou hoef te doen is om die neute bo-oor te strooi, en op te dien.
Bedien saam met jogurt as ‘n sousie.