Onthou om altyd ekstra meel eenkant te hou vir ingeval daar te veel vog in die beslag is. Meel wissel baie volgens tyd op die winkelrak en die seisoen.
Meng die droë bestanddele, eiers en olie in 'n mengbak
Moenie al die melk op een slag byvoeg nie, voeg dit stelselmatig by tot jy 'n taai, maar ferm deeg het. Los die res van die melk uit sodra jy die ferm tekstuur bereik het. Dit moenie loperig wees nie.
Smeer 'n platpotjie met botter en plaas die deeg daarin.
Bak op matige kole, met kole bo-op die deksel van die pot gepak. Wees versigtig om nie te brand nie!
Bak vir 40 minute.
Die brood kan ook in die oond gebak word teen 180 grade Celsius vir ongeveer 40 minute.
Druk 'n mes in die middel van bo in die brood. Indien dit skoon uitkom, is die brood gaar.
Bedien warm met botter.