Ek was baie lus vir daardie sagte broodrolletjies wat ons altyd op ‘n Sondag by die kafee gekoop het. Dit vra vir ander bestanddele as gewone witbrood. Ek het Sally’s Baking Addiction se resep gebruik by sallysbakingaddiction.com
Ek was baie lus vir daardie sagte broodrolletjies wat ons altyd op ‘n Sondag by die kafee gekoop het. Dit vra vir ander bestanddele as gewone witbrood. Ek het Sally’s Baking Addiction se resep gebruik by sallysbakingaddiction.com
250 ml melk, verhit tot ongeveer 45 grade Celsius
1 pakkie kitsgis – sowat 2 teelepels
2 eetlepels suiker
1 groot eier
60 g botter, teen kamer temperatuur en in blokkies gesny
1 teelepel sout
375 g (3 koppies) meel (koek of witbroodmeel)
Klits die warm melk, gis en 1 eetlepel suiker saam.
Voeg die res van die suiker, eier, botter, sout en 1 koppie meel by.
Meng deur en klits.
Voeg die res van die meel by, en bring weer alles bymekaar.
Knie die deeg vir sowat 2 minute of tot alles, insluitend die botter, goed geinkorporeer is.
Plaas die deeg in ‘n bak, en bedek met ‘n klam lap.
Laat die deeg rys in ‘n warm omgewing vir 1 tot 2 ure of totdat dit verdubbel het.
Smeer ‘n bakpan met olie.
Vorm die deeg in gelyke balletjies.
Bedek die rolletjies met ‘n klam lap of foelie, en laat dit weer rys vir ‘n uur.
Plaas die oondrak op ‘n laer posisie, verhit die oond tot 180 grade Celsius, en bak die rolletjies vir 20 tot 25 minute, of tot die broodjies goudbruin bo op is.
Draai die pan halfpad deur die bakproses om.
Dit kan teen kampertemperatuur vir 2 tot 3 dae, of vir ‘n week in die yskas gestoor word.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za