1 blikkie Lucky Star Sardyne in tamatie
1 ui, gerasper
1 rou aartappel, gerasper
1 koppie koekmeel
1 eier
10 ml Worcestersous
1 teelepel fyn koljander
¼ teelepel sout
swart- of witpeper na smaak
olie
Haal die vis uit die blik, maar behou die sous.
Verwyder die grate.
Druk die vis fyn met ‘n vurk.
Meng die vis, sous en al die ander bestanddele, en plaas dit vir ‘n halfuur in die yskas.
Plaas die mengsel eetlepelgewys in vlak olie in ‘n warm pan.
Braai die viskoekies aan weerskante.
Dreineer op kombuispapier.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za