1 klein kopkool (rooi of wit), versnipper
witwynasyn
sout
Wrap (maak 1 wrap)
90 g meel (witbroodmeel òf bruinmeel)
2 eetlepels olyfolie
water
Hummus (genoeg vir 4 tot 6 wraps)
1 blik kekerertjies, gedreineer
¼ van die kekerertjiesous
3 tot 5 eetlepels suurlemoensap
1½ eetlepels tahini
½ knoffelhuisie
½ teelepel sout
knypie droë rissie, of rooipeper, of komynpoeier (opsioneel)
Tahini (hou baie lank in yskas)
1 koppie sesamsaad
⅓ koppie olyfolie
Harissa (hou baie lank in yskas, en is heerlik op alles)
handvol brandrissies (8 tot 10)
4 knoffelhuisies
5 ml sout
10 ml karwysaad
5 ml koljandersaad
5 ml komynsaad
groot bos gekapte kruisementblare
125 ml olyfolie
Besprinkel die versnipperde kool met ‘n skoot of drie witwynasyn en sout.
Meng goed deur en laat dit rus vir 10 minute.
Wrap (maak 1 wrap)
Voeg die meel in ‘n mengbak.
Maak ‘n holte in die middel vir die olyfolie en genoeg water (minder as wat jy dink) om ‘n stywe deeg te vorm.
Meng tot stywe deeg.
Rol uit tot baie dun op ‘n meelbestrooide oppervlak.
Bak vir ‘n minuut aan elke kant in ‘n warm, swaarboompan wat met kleefwerende sproei gespuit is.
Hummus
Meng al die bestanddele, behalwe die kekerertjiesous, met ‘n handmenger of in ‘n voedselverwerker.
Voeg bietjie-bietjie van die kekerertjiesous by aan die einde tot die verlangde dikte bereik is.
Tahini
Verhit die oond tot op sy hoogste verstelling.
Versprei die sesamsaad egalig in groot, plat oondpan.
Rooster in die warm oond vir 5 -10 min.
NB: Skud die pan gereeld en hou dop dat dit nie verbrand nie, want dan sal die tahini bitter smaak.
Laat dit afkoel vir 20 minute.
Meng die saad met die olie in voedselverwerker tot glad.
Koel af, skep in ‘n bottel, en bêre in die yskas.
Harissa
Meng al die bestanddele tot glad in voedselverwerker.
Skep in ‘n bottel, en bêre in die yskas.
Vul die wrap met die volgende:
2 of 3 eetlepels hummus
1 teelepel harissa
handvol versnipperde kool, wat lekker gerus het in asyn en sout
knypie komynsaad
Wat ookal jy in die yskas het, soos koue hoender, boud of repies steak; spek; geskroeide murgpampoentjies; geroosterde rooi of geel soetrissie (geskroeide vel verwyder); gerasperde wortels; gekrummelde fetakaas; opgekapte tamatie; spinasie… die moontlikhede is legio!
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za