2 koppies water
2 koppies “stoneground” bruinbroodkoringmeel
4 eetlepels skaapvet of botter
1 teelepel growwesout
Bring die water tot kookpunt in groot kastrol. Beste is ‘n ysterpot as jy het.
Skep die meel in ‘n hoop in die middel van die pot.
Maak ‘n ronde opening in die middel van meel van bo tot op die bodem.
Verlaag die hitte effens laer, en plaas die deksel op die pot.
Loer elke paar minute tot water in die middel deur borrel.
Sny dan skywe deur die hoop van bo tot onder, soos jy ‘n koek sou sny.
Drup die vet of botter bo by die opening in.
Plaas deksel op, en na 15 tot 20 minute roer stadig deur die mengsel met ‘n langtandvurk tot al die rou meel ingeroer is.
Plaas deksel terug, en herhaal die proses elke 5 minute.
Wanneer die vurk skoon is, is die mengsel gaar.
Bedien met sheba en marogo.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za