1½ koppie koeskoes
1 eetlepel olie
1 blokkie hoenderaftreksel
1½ koppie kookwater
1 rooi soetrissie, in repies gesny
1 groen soetrissie, in repies gesny
500 g botterskorsie, in blokkies gesny
1 medium eiervrug, in blokkies gesny
6 murgpampoentjies, in ringetjies gesny
6 knoffeltoontjies, gehalveer
1 ui, in groot stukke gesny
ekstra olie
Forage and Feast Orange Vinaigrette-sous
Plaas die koeskoes in ‘n glasbak.
Voeg die olie by, en roer deeglik.
Meng die blokkie hoenderaaftgreksel deeglik met die water, en voeg dit by die koeskoes.
Bedek die glasbak met ‘n bord, en laat dit staan sodat die koeskoes kan uitswel.
Meng al die groente saam in ‘n oondbak.
Sprinkel olie oor.
Geur met sout en peper.
Bak met die deksel op vir 30 minute tot gaar, en dan onbedek vir 15 min om die groente te laat rooster.
Meng die groente en koeskoes.
Bedruip met die Forage and Feast Orange Vinaigrette.
Bedien met ‘n lekker brood.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za