1 ui, fyngekap
4 – 5 wortels, gerasper
kool, gerasper
bietjie borrie
kerriepoeier
fyngekapte rissie
stywe pap
stukkies spek
Mozzarella, gerasper
Cheddar, gerasper
sout en peper
Braai die uie.
Voeg die wortels by.
Voeg die kool by, en as jy sou wou voeg ‘n blikkie tamaties ook by.
Voeg die sout, peper, borrie, kerriepoeier en rissie by. Soetrissies is ook welkom.
Wanneer dit byna soos ‘n “gravy: is, is dit reg.
Pak stywe pap onder in ‘n laag in ‘n pan.
Gooi die helfte van die sousmengsel bo-op die pap.
Strooi stukkies spek bo-oor.
Strooi die Mozzarella en Chedderkaas bo-oor.
Bou weer die lae – pap, sousmengsel en kaas.
Bak in die oond tot die kaas hard is.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za