1 kg appelkose, oopgesny en ontpit
¾ kg suiker
Mikrogolf die appelkose 15 minute in ʼn groot glasbak op hoog (roer na 5 minute).
Voeg suiker by en roer deur.
Mikrogolf 25 minute op hoog en roer na 10 en 20 minute.
Skep in gesteriliseerde bottels* en laat goed afkoel.
*Steriliseer bottels deur hulle goed te was en in 150°C-oond te plaas vir 20 minute. Jy kan dit ook in ‘n skottelgoedwasser op hoë hitte was en laat droog word.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za