dik foelie
botter / olyfolie
Groente van jou keuse soos baba-aartappels, sampioene, uie, botterskorsies, patats, soetrissie, murgpampoentjies, babamielies
Sout en peper na smaak
knoffel, gekap
tiemie (en enige ander geurige kruie wat jy wil byvoeg)
250 ml room
1 pakkie sampioenroomsoppoeier
Maak ‘n dubbellaag foeliebakkie waarin die groente gepak kan word.
Smeer die botter / olyfolie aan die binnekant van die foeliebakkie.
Pak die groente in die bakkie en geur met sout, peper, knoffel, tiemie (en enige ander geurige kruie).
Meng die room en soppoeier goed saam totdat dit glad is, en giet oor die groente.
Vou die foeliebakkie toe (bo en langs die kante) sodat dit soos ‘n verrassingspakkie lyk.
Plaas dit aan die kant van die braaivuur vir sowat 1½ uur – daar moet genoeg hitte wees sodat die groente gaar kan stoom en jy dit kan hoor prut.
Haal dit van die vuur af wanneer dit gaar is, en bedien met braaivleis en brood.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za