1 kg saggemaakte (tenderised) steak, in stukke gesny
meel
Speserye van jou keuse
2 uie, in dun skywe gesny
1 bakkie sampioene, in skywe gesny
200 ml melk
250 ml room
1 eetlepel Worcestersous
1 eetlepel blatjang
1 eetlepel tamatiesous
1 pakkie wit uiesoppoeier
1 koppie gerasperde kaas
Verhit die oond tot 160 grade Celsius.
Meng die meel met die speserye, en rol die steak in die mengsel.
Pak om die beurt lae vleis, uie en sampioene in ’n oondbak.
Meng die melk, room, Worcestersous, blatjang, tamatiesous en soppoeier, en giet dit oor die vleis.
Strooi die kaas bo-oor, bedek met foelie.
Bak vir 60 tot 90 min.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za