1 eier
80 ml warm melk
100 ml dik room (jy kry dit nie oral nie – dis nie die looproom wat jy in meeste winkels kry nie)
30 g suiker
5 g gis
300 g broodmeel
gesmelte botter
Vulsels
knoffel, sprietui en mozzarella
sjokolade, neute en kondensmelk
Klits die eier, en hou 1 eetlepel eenkant.
Meng die res van eier, melk, room, suiker en gis goed saam.
Voeg die meel by.
Knie todat dit glad en elasties is.
Bedek dit met kleefplastiek, en laat dit rys totdat dit dubbel die grootte is (ongeveer een uur, hang af van die seisoen)
Knie die deeg, en sny dit in vier stukke
Vou elke stuk in, en maak 4 ronde bolle, ‘n bietjie groter as ’n tennisbal
Laat die deeg vir 15 minute rus.
Ververhit die oond tot 170 grade Celsius.
Rol een van die bolle uit in ‘n langwerpige strook – dit moet amper soos ‘n platgerolde rugbybal lyk en dunner wees as ‘n pizza se basis.
Sny die een helfte in repies.
Smeer die soliede deel met gesmelte botter en fyngekapte knoffel.
Vul dit met gekapte sprietuie en stukkies mozzarella. Gebruik dieselfde vulsel vir die ander drie, of vul dit met sjokoladestukkies, neute en kondensmelk.
Rol sit op vanaf die soliede deel.
Laat dit rus (en rys) vir 15 minute.
Smeer gesmelte botter en 1 eetlepel geklitste eier bo-op, en bak vir ongeveer 30 minute.
Bedien dit dadelik.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za