Genoeg vir 4 tot 6 mense
Seesout en Aasbos forel
1,5 kg growwe seesout
2 eierwitte
1 koppie aasbos, rof gekap
1 (1 kg) heel forel, skoongemaak
Vonkelwyn sous met forel kaviaar
2 eetlepels olyfolie
½ (60g) medium bruin ui, fyn gekap
2 koppies vonkelwyn
1 koppie vars room
knippie sout
3 eetlepels forel kaviaar
Gemarineerde bokmelkkaas
½ koppie olyfolie
2 knoffelhuisies, dungesny
vars tuinkruie (roosmaryn, tiemie, basiliekruid) grofgekap
½ teelepel varsgemaalde swartpeper
skil van 1 suurlemoen (sny skil van suurlemoen af met groenteskiller)
|100 g sagte bokmelkkaas (chevin), in skywe gesny
Aspersie, fynbone, suikerertjie en pistasieneut slaai
180 g slaaiblare
1 klein komkommer, in dun skywe gesny
110 g vars suikerertjies, in kookwater gedompel vir 1 minuut en diagonaal gehalveer
12 klein aspersies, in kookwater gedompel vir 1 minuut en diagonaal gehalveer
100g fynbone, in kookwater gedompel vir 1 minuut en diagonaal gehalveer
20 vars kruisementblare
3 takkies vars dille of finkel, grofgeskeur
70 g geroosterde pistasieneute, grofgekap
Seesout en Aasbos forel
Verhit die oond tot 180°C. Meng die growwe seesout, eierwitte en aasbos saam in ‘n goot mengbak. Plaas die forel op ‘n geskikte bakplaat en bedek die hele vis met die seesout mengsel. Bak vir 20-30 minute.
Vonkelwyn sous met forel kaviaar
Verhit die olyfolie in ‘n klein pot oor medium hitte. Braai die fyngekapte ui in die olie tot sag. Voeg die vonkelwyn by en laat kook totdat die sous verdik het en omtrent ⅓ van die vloeistof oor is. Gooi die mengsel deur ‘n sif om die uie te verwyder en plaas die sous terug in die pot. Voeg die room by en laat die sous afkook vir 15-20 minute totdat die sous dik genoeg is om die agterkant van ‘n eetlepel te bedek. Voeg die sout by en roer die forel kaviaar deur net voor bediening.
Gemarineerde bokmelkkaas
Verhit ‘n middelslagpan oor hoë hitte en voeg 2 eetlepels van die olyfolie by. Voeg knoffel by en braai vir 30 sekondes tot goudbruin en geurig. Skep uit die pan en plaas in ‘n mengbak. Voeg die res van die olie en ander bestanddele saam en druip die mengsel oor die bokmelkkaas. Laat marineer vir 30 minute.
Aspersie, fynbone, suikerertjie en pistasieneut slaai
Meng die slaaiblare, komkommer, suikerertjies, aspersies, fynbone, kruisementblare en vars dille of finkel saam. Druip die olyfolie en suurlemoen sap oor die slaai en sprinkel ‘n knippie sout en peper bo oor. Pak die bokmelkkaas skywe bo op die slaai en sprinkel met die pistasieneute.
Om te bedien
Haal die vis uit die oond en laat dit rus vir ongeveer 10 minute. Breek dan die sout dop oop en bedien ‘n geskikte porsie vis op die vonkelwyn sous. Garneer die vis met ‘n bietjie vars dille of finkel en bedien met die slaai as ‘n bygereg.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za