1 kg aartappels
4 mielies
4 preie
takkie tiemie
250 g spek, in stukkies gesny
250 g kersietamaties, in die helfte gesny
½ koppie parmesankaas (kan met verouderde cheddar vervang word)
2 eiergele
1 eetlepel soet mosterd
1 bokkomfillet
375 ml canola- of sonneblomolie
suurlemoensap
1 teelepel suiker
sout
sprietuie
Prik die aartappels met ‘n vurk, en bak dit in die oond op sout teen 180 grade Celsius vir 45 minute.
Lata dit afkoel, en sny dit in stukke.
Braai die mielies oor baie warm kole.
Laat dit afkoel, en sny die pitte af.
Braai die preie op die vuur tot gaar.
Sny dit in dun sirkels.
Sprinkel die tamaties met sout, ‘n teelepel suiker en olyfolie.
Bak dit in die oond teen 180 grade Celsius tot gaar.
Sprinkel tiemie vir die laaste 15 minute oor die tamaties.
Braai die spek in ‘n pan tot goudbruin.
Vir die sous:
Meng die kaas met die eiergele, mosterd en bokkomfillet.
Versap die bestanddele tot dit verpulp is.
Voeg die olie stadig by tot die sous bymekaar kom.
Suurlemoensap is opsioneel.
Meng die sous met die res van die bestanddele, en sprinkel die gekapte sprietuie bo oor.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za