Die enigste verskil tussen hierdie boud en enige ander boud is die vogtigheidsgraad van die vleis, en die geurigheid afkomstig van die laventelblommetjies. Gewoonlik sal jy ‘n boud met stukkies knoffel en roosmaryntakkies stop, nou druk jy net by elke roosmaryntakkie ook ‘n laventelblommetjie in. Wees net versigtig vir te veel blommetjies want dit kan die boud soos seep laat smaak. Daarom gebruik ek roosmaryn saam met die laventel. Die laventel sorg vir ‘n aromatiese geur van ‘n ander aard – ‘n baie subtiele smaak.