Rib
1 skaaprib (1 – 1,5kg), in porsies gesny
sout en peper
Worcestersous
koljander
Tamatiesous
1 groot uit, grof gekap
2 knoffelhuisies, fyn gekap
1 blik heel tamaties of 4 vars tamaties, gekap
takkie roosmaryn
lourierblaar
hand vol gekapte pietersielie
2 groterige soetrissies, ontpit en grof gekap
4 medium eiervrugte, in groterige blokke gesny
Geur die rib met sout, peper, koljander en Worcestersous.
Rooster oor kole.
Meng die bestanddele van die tamatiesous.
Pak die rib, tamatiesous, soetrissies en eiervrug in lae in ‘n potjie.
Laat dit stadig stowe tot gaar.
Geur weer met sout en peper indien nodig.
Bedien met dik snye vars brood, koring of mieliepap en vars slaai.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za