1 medium snoek
3 groot uie, in ringe gesny
1 groot opgehoopde eetlepel botter
1 eetlepel kerrie of vis-masala
2 teelepels borrie
2 eetlepels sagte bruinsuiker, of xylitol vir ‘n suikervrye opsie
1 teelepel mielieblom
2 teelepels fyngemaalde Kaap-Maleise spesery, of 1 teelepel sout
1 koppie appelasyn
½ koppie blatjang
handvol gekneusde suurlemoenblare
4 mediumgroot geel patata, in lengtes gesny
1 eetlepel olyfolie
1 teelepel Kaap-Maleise spesery, of sout en peper
Plaas die snoek in ‘n groot oondpan, en besprinkel dit met sout en peper.
Voeg die uie en botter in ‘n groot pan met ‘n bietjie water, en braai die uie vir 10 minute.
Voeg die borrie, kerrie, suiker en mielieblom by, en roer goed deur.
Voeg die Kaap-Maleise spesery of sout en die appelasyn, blatjang en suurlemoenblare by, en kook vir 'n verder 5 tot 7 minute, tot die sous dik word.
Laat dit afkoel.
Skep die afgekoelde marinade oor die snoek – maak seker dat die hele snoek bedek is.
Laat die snoek oornag in die yskas marineer.
Verwyder die vis uit die marinade.
Plaas marinade in ‘n pan, en kook oor mediumhitte vir 10 tot 12 minute.
Dek die soetpatat met olyfolie, en vryf dit in met die spesery.
Rooster die patats oor die kole voor jy die vis braai.
Braai die vis oor medium tot warm kole vir 8 tot 12 minute, of tot die vis ferm voel en gaar is.
Bedien dit dadelik met die warm kerriesous en patats.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za