50 g geroosterde sonneblomsaad of amandelvlokkies
1 x 240 g pakkie gemarineerde songedroogde tamaties met die vloeistof
2 knoffelhuisies, gekneus
50 basiliekruidblare of mengsel van kruie, soos Italiaanse pietersielie, origanum en tiemie
125 ml olyf- of avokado-olie
sout en peper
1. Plaas die sade of neute met die res van die bestanddele in ’n voedselverwerker of in ’n glasbak en meng met ’n stokmenger tot ’n gladde mengsel. Geur na smaak.
2. Skep pesto in ’n skoon glasflessie en bedek met ’n dun lagie olyfolie. Hou vir 2 weke in die yskas en gebruik soos nodig.
3. Smeer van die pesto op ontbeende lamsboud, lamstjops, hoenderporsies of ’n heel, oopgevlekte hoender. Marineer rooivleis oornag en hoender vir 1-2 ure. Braai tjops oor warm tot matige kole tot gaarheid van jou keuse. Lamsboud, hoenderporsies of ’n heel hoender is heerlik in ’n ketelbraai gebraai.
Wenke
1. Rooster die sonneblompitte of amandelvlokkies in ’n droë pan oor matige hitte. Hou dit dop, want dit brand maklik. Geen olie is nodig nie.
2. Songedroogde tamaties kan maklik self gemarineer word. Laat dit in kookwater week vir ’n uur of twee en skink die water af – vries dit sommer vir ’n ander tamatiegereg. Meng die tamaties met twee dele olyolie en een deel balsamiese asyn en skep in ’n glasfles om te marineer. Hou dit in die yskas tot benodig.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za