Plaas ‘n swaarboompan op medium hitte.
Voeg die botter, asyn, olie, mayonnaise, knoffel, kerrie, swartpeper en uie in die pan, en verlustig jou in die eenwording van geure van ‘n keursousie terwyl jy dit stadig roer.
Sodra die sous substans het en die bestanddele mooi met mekaar getrou het, sny die lewer op in los lobbe, sonder om die individuele lobbe te kneus of breek en plaas dit in die in die pan.
Reguleer die hitte sodat die sous liggies prut terwyl die lewertjies begin karakter aanneem daarin.
Bedek die pan met ‘n deksel wat verkieslik ventilasie het.
Gaan die sousvlak gereeld na en pas die temperatuur deurlopend aan.
Draai die lewer om, min of meer elke vyf minute
Sprinkel na ongeveer tien minute die gemende speserye oor na smaak en roer eweredig deur.
Afhangend van die pan se hitte-retensie, kan jy na twintig tot dertig minute, ‘n verleidelike keurmaaltyd uitskep.
Die bykosse op die bord is minder kompleks:
– ‘n Blikkie roommielies
– ‘n Basiese blaarslaai-bederf met ‘n mayonnaise en soetsousie.
– Krummelpap of stywepap, ook afwisselbaar met rys of kapokaartappel, met die sous wat saam met die lewer gekook het, as kroon bo-oor.
Sit agteroor saam met omgeemense en verlustig jou in ‘n eetervaring wat die sinne sal streel, en weet, hieroor hoef jy nie ‘n gewete te hê nie.