Lewer ongeveer 30 koekies
2½ koppies koekmeel
10 ml (2 teelepels) bakpoeier
knippie sout
125 g botter of margarien
30 ml (2 eetlepels) suiker
3 ekstragroot eiergele (hou die eierwitte eenkant vir klapperbolaag)
60 ml (4 eetlepels) water
10 ml (2 teelepels) vanieljegeursel
fyngerasperde skil van 1 groot suurlemoen (opsioneel)
fyn appelkooskonfyt
Klapperbolaag / Meringue-bolaag
200 ml suiker
3 eierwitte
5 ml (1 teelepel) vanieljegeursel
2 koppies droë klapper
Sif die meel, bakpoeier en sout saam.
Vryf die botter by meelmengsel, en meng goed.
Voeg die suiker en suurlemoenskil by (indien gebruik).
Klits die eiergele, water en vanieljegeursel saam, en meng dit met die meelmengsel om ʼn sagte deeg te vorm.
Knie dit liggies, en laat die deeg in die yskas rus vir sowat 20 minute.
Terwyl die deeg rus, klits die eierwitte tot styf, en voeg die vanieljegeursel en suiker by. Moenie te lank klits nie, anders word die meringue droog en taai.
Vou die klapper in en meng liggies, maar moenie te veel roer nie, want dan roer jy die lug uit die mengsel uit.
Rol deeg dun uit, en plaas uitgedrukte deegsirkels in gesmeerde kolwyntjiepannetjies.
Plaas ʼn bietjie appelkooskonfyt in middel van elke deegsirkel.
Skep lepelsvol van die klappermengsel bo-op die konfyt. Die deegsirkel moet heeltemal bedek wees.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za