8 porsies
Kaapse brandewyntert is een van my gunsteling terte om te bak. In Engels staan dit as “tipsy tart” bekend, maar ek dink die Afrikaanse naam is meer geskik. In Suid-Afrika het ons ʼn spesifieke brandewyn, geproduseer in een van ons mooiste dorpe in die Wes-Kaap, wat elke jaar in die internasionale arena groot pryse losslaan. Die KWV, geleë in die Paarl, produseer al vir dekades lank wyne en brandewyn van hoogstaande gehalte. Persoonlik is ek versot op hulle 5 jaar en 10 jaar oue brandewyn, en as ʼn resep vir brandewyn vra, is hierdie my natuurlike keuse. As jy nie ʼn brandewyndrinker is nie, sal hierdie tert jou heel moontlik van plan laat verander nadat jy dit eers geproe het! Ek voeg room en ekstra gekapte neute by die sous om dit ekstra luuks te maak, want mens kan nie anders nie. Hierdie tert verdien dit