skilferkorsdeeg (puff pastry)
STAP 1
80g koekmeel
100ml Maizena
100 ml suiker
knypie sout
250 ml melk
Meng alles saam in ‘n mengbak, en roer tot ‘n gladde pasta. Hou eenkant.
STAP 2
4 eiergele (hou eierwitte eenkant)
60 ml suiker
2 – 4 druppels amandelgeursel (die geur is baie sterk, gebruik dus sorgvuldig anders proe jy net amandel)
5 ml vanieljegeursel
Klits tot deeglik gemeng, en hou eenkant.
STAP 3
1 liter melk
2Â stukke pypkaneel
30g botter of hoogvol eetlepel
STAP 4
4 eierwitte, geklits tot sagtepunt stadium, nie te styf nie
60 ml suiker
Meng en hou eenkant.
Â
Rol deeg uit en plaas in panne. Verkoel in yskas tot benodig.
Verhit oond tot 220 grade Celsius.
Verhit die melkmengsel (3) in ‘n potjie, maar moenie kook nie.
Verwyder van hitte.
Roer die melk by meelmengsel (1) en plaas terug in pot. Laat dit stadig prut oor lae hitte terwyl jy aanhoudend roer totdat mengsel verdik het. Verwyder van hitte.
Voeg die eiergeelmengsel (2) by terwyl jy dit goed meng.
Vou laastens die eierwitmengsel (4) in. Moenie roer nie, maar vou dit in sodat jy lug ook kan invou – dit sal help dat die tert hoog rys.
Skep in die panne en strooi kaneel liggies oor indien verkies.
Bak vir sowat 10 minute teen 220ËšC, en stel dan die oond laer tot 180 grade.
Bak vir nog 15 minute tot opgepof en die deeg mooi bruin en gaar is.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za