600 g dikkerige ontbeende varkneksteaks, in stukkies opgesny
1 groot ui, gehalveer en dan in ringe gesny
1 groen soetrissie, rofweg opgesny
400 g botterskorsies, in stukke gesny
halwe koppie gaar bruin lensies
Sap en skil van ‘n halwe suurlemoen
2 lourierblare
3 knoffelhuisies, fyngemaak
5 ml medium kerriepoeier
5 ml fyn komyn
10 ml gerookte paprika
5 ml suiker
2,5 ml rissievlokkies
sout en peper na smaak
warm water – hou dit byderhand indien die pot begin droog kook.
Maak ‘n vryfmengsel van die suurlemoensap en -skil, en die helfte van die knoffel en komyn en rissievlokkies.
Vryd die vleisstukke hiermee in.
Braai die uie saam met die lourierblare tot sag en ligbruin.
Plaas die vleis in ‘n pot en verbruin versigtig dat die vleis nie aanbrand nie.
Voeg ‘n bietjie warm water by sodat daar genoeg vloeistof in pot is sodat dit stadig kan begin prut.
Voeg na sowat 10 minute die soetrissies en die kerriepoeier, suiker en die res van die komyn, koffel en paprika by en meng goed saam met die vleis.
Laat dit prut totdat die vleis sag is.
Plaas die botterskorsiestukke bo-op die vleis, en laat dit verder prut totdat alles sag is en daar ‘n heerlike sous onder in pot gevorm het.
Voeg die gaar lensies by, roer versigtig deur sodat botterskorsie nie breek nie, en geur met sout en peper.
Skakel die toofplaat af en laat die geure verder vermeng oor die oorblywende hitte.
Bedien met rys.
Vir ekstra lekkerte, bedien met ‘n skeppie suurroom bo-op, en sprinkel gekapte sprietuie bo-oor.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za