120 g lensies (sowat ½ koppie)
1 medium botterskorsie, in dikkerige skywe gesny met skil aan
2 rooi uie, in skywe gesny
2 eetlepels heuning
2 eetlepels olyfolie (of gewone olie)
paar takkies vars tiemie
2 huisies knoffel, fyngemaak
sap van ʼn halwe suurlemoen
varsgemaalde swartpeper
draaisel growwe sout
Verhit die oond tot 160⁰ C.
Kook die lensies tot net sag (nie pap nie), en spoel goed af.
Voeg die groente in ’n bak saam met die olyfolie, knoffel, swartpeper en sout, en vryf dit deur.
Voeg ’n bietjie water in ’n bakplaat (slegs ʼn titseltjie).
Rangskik die uie en botterskorsie op die bakplaat, en bedruip met die heuning.
Strooi die tiemieblare oor.
Rooster baie stadig in die oond tot die groente sag en gekarameliseer is.
Haal dit uit die oond, en bedruip dit met die suurlemoensap.
Rangskik die groente op ’n mooi opdienbord.
Strooi die lensies bo-oor en roer liggies.
Garneer met varsgekapte pietersielie of fyngesnyde grasuie.
Die slaai is baie lekker met lamsboud, gebraaide hoender of braaivleis.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za