Ek en Santjie was kamermaats in die koshuis op Swellendam van graad 3/standerd 1 tot graad 11/standerd 9. Ek het baie graag by hulle op die plaas gaan kuier. Santjie se ma, tannie Petro kon nie net heerlik kook nie, sy was ‘n bok vir sports en het ook gereeld saam met ons krieket gespeel. Santjie het vir my haar ma se neutebredieresep gegee. Dit is vaalvleisbredie, met ander woorde, dit is ‘n bredie wat nie bruin gebraai word nie, maar die vleis word net so stadig gestowe.