1 Franse brood (baguette), in die helfte gesny en dan skuins snitte gesny driekwart-diep in die brood – maak die snitte sowat 10 cm van mekaar af
75 g botter
2 teelepels basiliekruid
4 knoffelhuisies, fyngedruk
1 klein botteltjie kaassmeer
100 g gerasperde cheddarkaas
Doen dit op die braai, of verhit die oond tot 250 grade Celsius.
Meng die botter, basiliekruid en fyngedrukte knoffel tot fyn en sag in ‘n stamper met ‘n vysel.
Smeer die knoffelbotter in die gleuwe tusssen die snitte.
Voeg die kaassmeer by. (Ek gebruik baie kaassmeer want ek hou van kaassmeer. Jy kan besluit hoeveel kaassmeer jy wil gebruik.)
Draai die knoffelbrood toe met foelie, en plaas dit op die braaier of in die oond. Draai die knoffelbrood elke 7 minute om.
Nadat die brood op die braai of in die oond was vir 14 minute, maak die foelie oop en strooi die gerasperde cheddarkaas oor die brood. Los die foelie oop, en laat die brood vir nog ‘n rukkie bak/braai.
Wanneer die kaas gesmelt het, haal die brood af/uit en bedien dadelik.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za