1 kop broccoli
1 kop blomkool
1 rooi ui, in stukke gesny
250 g stukkies spek
200 g Cheddar, in klein blokkies gesny
150 g pekanneute
Sous
200 ml mayonnaise
125 ml ongegeurde jogurt
100 ml kondensmelk
Breek die broccoli en blomkool se blommetjies af en spoel dit goed af met water.
Sny dit in kleiner stukkies.
Kook die broccoli, blomkool en ui in vinnigkokende water vir 2 minute.
Dreineer in ‘n vergiettes sodat al die water afloop.
Dompel dit in koue water sodat die broccoli en blomkool nie verder kook nie.
Braai die spek tot gaar en bros.
Laat alles afkoel tot heeltemal koud.
Meng die broccoli en blomkool met die spek en neute.
Meng die kaasblokkies daarby in.
Meng die mayonnaise, ongegeurde jogurt en kondensmelk saam.
Roer dit deur die slaai.
Maak seker alles is goed bedek met die sous.
Verkoel voor opdiening.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za