olyfolie
2 eiervrugte, in blokkies gesny
5 ml gedroogde oreganum
1 rooi ui, gekap
2 knoffeltoontjies, gekap
25 ml pietersielie, fyngekap
30 ml ingelegde kappertjiesaad (capers)
100 g groen olywe
45 ml rooiwynasyn
5 groot ryp tamaties, in blokkies gesny
8 vars basilliekruidblare, gebreek as garnering
sout en swartpeper na smaak
Verhit olie in ‘n kastol.
Voeg die eiervrug en oreganum by.
Geur met sout en peper.
Braai tot die eiervrug verbruin en gaar is.
Voeg die uie en knoffel by.
Braai vir 5 minute.
Voeg die pietersielie, kappertjiesaad, olywe, asyn en tamaties by.
Kook alles saam tot tamaties sag is.
Geur na smaak.
Sprinkel bietjie olyfolie oor die mengsel.
Plaas in ‘n mooi opdienbak.
Strooi die gebreekte basilliekruidblare bo-oor.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za