250 g gaar macaroni
5 eiers
25 ml mosterdpoeier
250 ml suiker
250 ml witwynasyn
100 ml water
100 ml mayonnaise
1 klein ui, fyngekap
4 ingelegde soet en suur komkommers, in stukkkies gesny
150 ml kaas, in blokkies gesny
sout en peper na smaak
Meng die eiers, mosterdpoeier en suiker, en klits goed.
Meng die water en asyn by.
Kook die sous oor matige hitte tot die sous verdik. Roer gereeld sodat die sous nie aanbrand nie. Kook vir ten minste 10 minute oor lae hitte tot gaar.
Laat die mosterdsous afkoel, en meng dit met die mayonnaise.
Meng die pasta, ui, kaas en ingelegde komkommers by die mosterdsous.
Hoe langer die slaai staan, hoe lekkerder wordt dit.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za