1 blik ingedampte melk
2 pakkies pynappeljellie
250 ml warm water
500 ml koue water
2 klein blikkies grenadellapulp
1 pak Tennisbeskuitjies
Pak die beskuitjies in ’n tertbord. (Hou 2 eenkant om later bo-oor te krummel.)
Meng die warm water met die jellie.
Meng die koue water met die jelliemengsel.
Plaas dit in die yskas om af te koel.
Klits die ingedampte melk tot styf.
Voeg die afgekoelde jellie en grenadellapulp by die melk.
Skep die vulsel bo-op die beskuitjies in die tertbak.
Plaas in die yskas om te stol.
Krummel die 2 koekies bo-oor sodra die tert gestol het.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za