350 ml sago
250 ml water
750 ml melk
knippie sout
30 ml botter
4 eiers
120 ml suiker
3 ml vanieljegeursel
fyn vyekonfyt
Meringue-bolaag
6 eierwitte
2 ml suurlemoensap
150 ml strooisuiker
Spoel die sago af en week dit vir 30 minute in die water.
Dreineer.
Voorverhit die oond tot 180 grade C.
Spuit ‘n mediumgroot oondbak met oliesproei.
Giet die melk in ‘n kastrol en verhit dit tot kookpunt.
Voeg die sout en sago by die kokende melk.
Stel die stoofplaat laer, en roer die mengsel aanhoudend tot die sago deurskynend is.
Voeg die botter by die sagomengsel, en haal die kastrol van die plaat af.
Klits die eiers, suiker en vanieljegeursel saam, en roer dit by die sagomengsel.
Giet die sagomengsel in ‘n oondbak.
Skep teelepels vol van die fyn vyekonfyt bo-op die sagopoeding.
Klits die eierwitte en suurlemoensap saam.
Voeg die strooisuiker bietjie-vir-bietjie by terwyl jy klits. Die eierwitte moet blink wees en stywe punte vorm.
Skep die meringue bo-op die sagomengsel en versprei dit egalig.
Bak vir ongeveer 30 – 40 minute, of tot die meringue liggies verbruin het.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za