250 ml rosyne
25 ml sitrusskil
100 ml gesnye versuikerde kersies
100 ml amandels, fyngekap
375 ml rooibostee
125 ml botter
500 ml bruinsuiker
750 ml koekmeel
7,5 ml gemengde speserye
1 teelepel sout
250 ml karringmelk
5 ml koeksoda
5 ml bakpoeier
3 eiers
60 ml versiersuiker
20 ml water
Voeg die rosyne en rooibostee in ‘n kastrol.
Kook dit vir tien minute oor lae hitte.
Verroom die botter, eiers, karringmelk en suiker.
Meng die meel, gemengde speserye, koeksoda, bakpoeier en sout.
Meng die eiermengsel met die rosyntjies en rooibostee.
Voeg die droë bestanddele by die melkmengsel. Meng goed.
Roer die sitrusskil, amandels en kersies by.
Giet in ‘n gesmeerde ringbakpan.
Bak vir ongeveer 50 minute teen 180 grade tot gaar.
Laat dit afkoel op ‘n draadrak.
Meng die versiersuiker met water, en drup dit oor die afgekoelde koek.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za