Vulsel
olie
1 ui, gekap
3 knoffelhuisies, gekap
1 kg gestoomde wildsvleis, in stukkies gerafel
15 ml gedroogde appelkose, gesnipper
15 ml gedroogde perskes, gesnipper
15 ml blatjang
30 ml Worcestersous
25 ml sjerrie
5 ml naeltjies
1 gaar aartappel, in blokkies gesny
200 ml water
30 ml tamatiesous
sout en peper na smaak
Kors
1 eier
200 ml melk
25 ml olie
250 ml koekmeel
10 ml bakpoeier
2 ml mosterdpoeier
knypie sout
Verhit olie in kastrol.
Braai die uie en knoffel tot sag.
Voeg die wildsvleis en res die van die vulsel se bestanddele by, en braai saam.
Voeg water by as die mengsel droog lyk.
Verhit die oond tot 180 grade.
Klits die eier, melk en olie saam.
Voeg die droë by en klits goed – die deeg moet loperig wees.
Skep die wildsvleis in ‘n oondbak.
Skep die slap deeg oor die vleis.
Bak vir ongeveer een uur tot goudbruin.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za