15:00 - 16:00

Goue oues

Met Eloise Cupido

Nou op die lug: 16:00 - 19:00

RSG Sport

Met Johan Rademan

Johan Rademan

Volgende: 19:00 - 19:05

Nuus

19:05 - 19:15

Kiskenades

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Sterre en planete

Sondag 31 Oktober 2021

Sterre en planete 31 Oktober 2021

Het jy al gehoor hoe dit klink wanneer die metaalwiele van Perseverance oor die klippe van Mars ry? Ons speel ‘n paar opnames wat deur die aanboord-mikrofone van die Marstuig opgeneem is. Daar is ook inligting oor wat daar in November in die hemelruim te sien is.  Jy kan gerus probeer om die Andromeda-galaksie op die noordelike horison te sien. Matie Hoffman verduidelik hoe ‘n satelliet se verbyvlug ruimtewetenskaplikes laat kopkrap het.

Sondag 24 Oktober 2021

Sterre en planete 24 Oktober 2021

Hoe gemaak as ‘n meteoriet deur jou dak val, en langs jou op jou kopkussing beland? Dit is een van die intessanthede waaroor daar gepraat word nadat die ‘n vrou in Kanada ‘n noue ontkoming gehad het. Nick Erasmus van die SAAO praat oor die waarskynlikheid van so ‘n voorval. Wat is ‘n foton? Prof. Matie Hoffman het die antwoord.

Sondag 17 Oktober 2021

Sterre en planete 17 Oktober 2021

So elke nou-en-dan maak ‘n komeet sy verskyning. Halley se komeet is waarskynlik die bekendste. Nou is daar aanduidings dat ‘n reuse komeet sy opwagting in ons sonnestelsel gemaak het. Dit is sowat 300 km in deursnee. Hoe koud is koud? Hoe laag moet die temperatuur wees sodat ‘n absulote nulpunt bereik word?

Sondag 10 Oktober 2021

Sterre en planete 10 Oktober 2021

Daar is verskeie plekke in die wêreld wat met ‘n donkerlug status kan spog. Wat presies word bedoel met hierdie begrip in sterrekunde?  Die span praat ook oor die rol van ‘n atoomklok in die ruimte. Verlede week was Internasionale Ruimteweek en, die span vertel hoe dit in Suid-Afrika gevier is.

Sondag 3 Oktober 2021

Sterre en planete 3 Oktober 2021

Wat is terraformering?  Jim Adams, Sterre en Planete se man in Maryland in die VSA, verduidelik wat daarmee bedoel word.  Daar is ook interessante inligting oor baie koue plekke op die maan – plekke wat oor miljoene jare nog nooit die son gesien het nie. Een van die tegnieke om ruimtetuie te laat versnel is die slingervelmetode, waar die gravitasie van ‘n planeet gebruik word om tuie vinniger te laat beweeg.  Dit is ook een van die onderwerpe waaroor Jim praat.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: