23:00 - 23:10
Nuus & Weer
Volgende: -
-
Soek nog potgooi
Sterre en planete
Sondag 25 Julie 2021
Sterre en planete 25 Julie 2021
Die Britse entrepreuneur, Richard Branson, het skaars sy voete van die aarde af gelig of Amazon se Jeff Bezos besluit om nog beter te doen. Die afgelope week het Blue Origin, ruimtetoeriste selfs verder die ruimte in geneem tot anderkant die Karmanlyn. Die span praat oor die twee ruimtevlugte met toeriste. Lafras Smit verduidelik ook hoekom hy daarvan hou om na Copernicus, een van die kraters op die maan, te kyk.
Sondag 18 Julie 2021
Sterre en planete 18 Julie 2021
Sir Richard Branson en sy span het die afgelope week die voorblaaie gehaal met sy poging om die eeu van ruimtetoerisme in te lui. Die span praat hieroor, en verduidelik ook hoe ruimtewetenskaplikes mik om ‘n tuig op ‘n spesifieke datum by ‘n planeet te laat aankom, veral as die tuig agt maande neem om byvoorbeeld na Mars te reis.
Sondag 11 Julie 2021
Sterre en planete 11 Julie 2021
Wat is die verskil tussen son- en ruimteweer? Die span praat ook oor die Chinese tuig, Zhuron, wat pas op Mars geland het. Jy kan ook hoor na klanke wat die tuig op Mars maak. Die kwessie van rigting, wedvlugduiwe en sonaktiwiteit word ook bespreek.
Sondag 4 Julie 2021
Sterre en planete 4 Julie 2021
Waarom is die Karmanlyn so belangrik vir ruimtetoerisme? Die span praat oor die nuwe soort toerisme en wat dit kos om op ‘n ruimtevlug te gaan. Waarom sou mens op so ‘n vlug gaan? Is dit die sensasie van gewigloosheid, of om die aarbol uit ‘n ander hoek te sien? Die span kyk ook na ‘n belangrike mylpaal wat bereik is by die SKA-projek.
Sondag 27 Junie 2021
Sterre en planete 27 Junie 2021
Wat is ‘n spookson? Daar is inligting oor hoe mens te werk moet gaan om diepruimastrofotografie te beoefen. Lafras Smit is op sy pos om oor Julie se sterrehemel te gesels. Soos alle rekenaars, gee een van die Hubble-ruimteteleskoop se rekenaars nou probleme. Wat doen mens in so ‘n geval?
Top Stories
POTGOOI (aanddiens)
INTERAKTIEF
- SMS 45889 (R1,50 per SMS)
-
WhatsApp 076-536-6961
(slegs stemboodskappe) - Teken in op nuusbrief