RESEPTE
Frik se kerrie-aartappel-en-appelsop
6 porsies
Bestanddele
5 groot aartappels, geskil en in blokkies gesny
3 appels, geskil, ontpit en in blokkies gesny
2 liter hoenderaftreksel (of groenteaftreksel)
100 g botter
15 ml kerriepoeier
sout en gemaalde swartpeper
2 eetlepels suurlemoenzest vir garnering
6 eetlepels jogurt vir garnering
Metode
Smelt die botter in ;n groot kastrol.
Voeg die appels en aartappels by, en braai liggies tot effens verkleur.
Roer gereeld.
Voeg die kerriepoeier by, en braai liggies vir 2 minute.
Voeg die aftreksel by, en bring tot kookpunt.
Geur met sout en peper.
Verlaag die hitte, plaas die deksel op, en prut vir ongeveer 20 minute tot alles sag is.
Verpulp in ‘n voedselverwerker.
Bedien in bakkies, en garneer met ‘n skeppie jogurt en die zest.
Bedien saam met dik snye vars brood en botter.