Skip to content

Premier Alan se lemoenkoek

RESEPTE

Compressed by jpeg-recompress

Premier Alan se lemoenkoek

Alan Winde

Lewer 16 porsies
Dit lyk aanvanklik na ’n baie vreemde mengsel, maar dit maak die heerlikste koek – bros aan die buitekant en klam aan die binnekant.

Bestanddele

2 lemoene, goed geskrop, in kwarte gesny en pitte of letsels verwyder
1 x 410 g blikkie witbone, gedreineer
200 ml suiker
20 ml (4 teelepels) kanola- of olyfolie
2 eiers, geklits
150 ml rosyntjies
5 ml (1 teelepel) koeksoda
200 ml bruismeel
60 ml (4 eetlepels) hawersemels
150 ml vesel-ontbytgraan (All Bran)
1 ml (¼ teelepel) sout
5 ml (1 teelepel) vanieljegeursel

Versiersel
60 ml (4 gelyk eetlepels) versiersuiker
10 ml (2 teelepels) suurlemoensap

Metode

Verhit die oond tot 180 °C.
Plaas die lemoenkwarte, skil en al, in ’n voedselverwerker en blits vir 30 sekondes.
Skraap die kante af en verwerk vir 60 sekondes tot die lemoen in klein stukkies gekap is.
Voeg die gedreineerde bone by, en verwerk 30 sekondes.
Voeg die suiker by.
Voeg die lemoenmengsel in ’n groot mengbak, en voeg die olie en eiers by.
Roer met ’n houtlepel tot goed gemeng.
Voeg die rosyntjies by en meng.
Sif die koeksoda en meel oor die lemoenmengsel.
Voeg die hawersemels en vesel-ontbytgraan by, en meng goed met ’n houtlepel.
Voeg die sout en vanielje by, en roer goed.
Skep in ’n gesmeerde broodpan.
Bak vir 15 minute.
Verlaag die oondtemperatuur tot 150 °C, bedek die bokant van die koek met foelie, en bak vir 90 minute.
Laat dit heeltemal afkoel.
Meng die versiersuiker met die suurlemoensap, en drup oor die afgekoelde koek.
Sny in 16 dun skywe voor opdiening.

Deel nou

Deel nou