RESEPTE
Willie se lekker aartapelgereg
Willie Strauss
Bestanddele
6 medium aartappels, geskil en in blokkies gesny
200 g spek, in stukkies gesny
1 ui, fyn gesny
1 knoffeltoontjie, gekap
200 g sampioene, gesny
500 ml gerasperde cheddarkaas
6 eiers
500 ml melk
10 ml gemengde kruie
5 ml gerookte paprika
sout en peper na smaak
Metode
Verhit oond tot 180°C.
Plaas die aartappels in ’n groot gesmeerde oondbak.
Strooi die ham, uie, sampioene, knoffel en die helfte van die cheddarkaas oor die aartappels.
Klits die eiers, melk, sout en peper saam.
Meng die gemengde kruie en gerookte paprika by.
Giet die eiermengsel bo-oor die aartappel- en hamlaag.
Strooi die res van die kaas bo-oor.
Bak vir 45 minute bedek, en dan vir 15 minute oop sodat die gereg lekker kleur kan kry.