RESEPTE
Liesel se beesstertkasserol
Bestanddele
1 kg beesstert, in litte gesny
125 ml rooiwyn of water
6 - 8 heel uitjies, geskil
375 ml jong, heel geelworteltjies, geskil
8 jong, heel aartappeltjies, geskil
375 ml gevriesde groenertjies
25 g beesstertsoppoeier
5 ml sout
5 ml fyn wonderpeper
Metode
Sit vleis in oond vir 1 uur op 180°C in 'n "Roaster" of kasserol.
Pak groente in lae op vleis en geur met sout, wonderpeper, soppoeier en wyn of water.
Sit terug in oond vir 'n verdere 1 uur.